Montagu Tourism Office +27 23 614 2471
  Join us on Facebook
Home Coming Events Recent News Real Estate Restaurants Attractions Information
22 Jul 2019 - 25 Jul 2019

Woord & Kos - 'n Winterfees

Montagu Events - Woord & Kos - 'n Winterfees
Kom deel in die avontuur van skoonheid - die ontdekking, uitdaging en vreugde van 'n skryfkursus gekombineer met klasse in Klein-Karoo kulinêre kuns in een van Montagu se mees elegante historiese huise.

Montagu se Boekefees bied hierdie jaar 'n uitsonderlike geleentheid aan 11 mense om hul kreatiwiteit binne ink en kruie te ontdek: 'n skryfkursus onder die bekwame leiding van Dr. Riana Scheepers en kosdemonstrasies onder leiding van Jacques Erasmus van die Hemelhuijs-restaurant.
Riana Scheepers is 'n bekende skrywer en letterkundige, maar sy is ook veral bekend daarvoor dat sy nuwe skrywers ontdek. Haar skryfkursusse is avontuurlik en passievol, haar mentorskap en praktiese aanslag is van onskatbare waarde. Vir meer as dertig jaar al stel sy opwindende skrywerstemme bekend en help mense om hul eie kreatiwiteit te ontgin.

“Hierdie kursus is nie slegs vir die literêrbegaafde persoon nie, maar vir almal wat betower word deur die wonderwêreld van woorde,” verduidelik Riana.
Woord en Kos : 'n Winterfees, vind plaas by Jonkmanshof, Badstraat 20 - een van twee asemrowende gastehuise van eienaars Jacques Erasmus en Hein Liebenberg. Dié pragtige Kaaps Hollandse huis wat in 1854 gebou is, is in 2015 deur Jacques en Hein gerestoureer. Die ou opstal met sy uiters stylvolle inkleding en ontwerp, kontemporêre kunsversameling en 18de eeuse Kaapse meubels, besonderse tuin en inheemse vetplantkweekhuis, is jou tuiste vir vier dae. Hier word al jou sintuie geprikkel en uitgedaag.

WOORD & KOS ‘n winterfees Skaars 100m straataf, wag daar nog besonderse styl en skoonheid - Jonkmanshof, Badstraat 30, in 1856 gebou, is in 2018 gerestoureer.. Beide gastehuise is beskikbaar vir verblyf van kursusgangers vir die 3 nagte. Daar is akkomodasie vir 8 deelnemers (4 pare of 2 pare en 4 enkelpersone wat deel).

Die skryfskool sluit die kreatiewe sessies saam met Riana in, asook middag- en aandetes deur Jonkmanshof se span. Aandetes sal die tema van woord en kos verder ondersoek, deur na plaaslike verskaffers, hul produkte en voorbereiding te kyk. 'n Historiese toer van die dorp op 'n kunsfiets deur Marchelle van Zyl van Flying Feet is ook ingesluit om deelnemers verder bekend te stel aan die geskiedenis van die dorp.

Woord en Kos: 'n Winterfees, vind plaas van 22 tot 25 Julie, in aanloop tot die Montagu Boekefees wat van 25 tot 28 Julie plaasvind.
Koste en inligting :

R4600 : Skryfkursus plus drie interaktiewe Kookdemonstrasies, Aandetes, vier ligte Middagetes, Historiese Dorpstoer

R8800: Verblyf in Jonkmanshof ingesluit

Inligting en besprekings:
Mareletta Mundey 082 444 3927
mareletta@loudadvertising.co.za
‘n Inisiatief van die

Events Mailer

On the 1st of every month, we send out our "Events Mailer", highlighting all the events taking place in and around Montagu for that month. Be sure to subscribe not to miss out on important events.