Montagu Tourism Office +27 23 614 2471
  Join us on Facebook
Home Coming Events Recent News Real Estate Restaurants Attractions Information
12 Jul 2019 - 14 Jul 2019

Weg se fotografieslypskool

Montagu Events - Weg se fotografieslypskool
Het jy onlangs ’n nuwe kamera gekoop, maar is steeds skrikkerig vir sy verstellings? Kom woon ’n fotoslypskool by, daar's hulp. Of dalk is jy reeds behendig met jou toerusting, maar verveeld met die manier waarop jy al jare lank foto’s neem. Kom leer dan ’n paar nuwe truuks.
Dit maak nie saak of jy jou kleinkinders se manewales met ’n mik-en-druk afneem, of ’n SLR-kamera met ’n tros los lense besit nie – Weg se fotografieslypskool is vir almal. Die aanbieders van dié omvattende kursus is die gesoute fotograaf Sam Reinders en die joernalis en tv-aanbieder Sophia van Taak. Tesame met lesings en uitgebreide notas behels dit ook praktiese oefening. Want dít bly die beste manier om te leer: Met jou kamera in jou hande en ’n kenner wat kan raadgee hier langs jou.
Jy gaan meer te wete kom oor die basiese beginsels van fotografie, soos komposisie, raming en beligting, maar ook leer van kreatiewe hoeke, slim kortpaaie en wat jóú spesifieke kamera se knoppies en wieletjies alles kan doen.
Tussendeur is daar ook genoeg tyd vir saamkuier en nuwe vriende maak. Tel op die foon en bespreek summier jou plek. Sam en Sophia sien daarna uit om jou te ontmoet!

WAAR?
By die Montagu-museum

WANNEER
12-14 Julie 2019

KOSTE?
Die fotoslypskool kos R3250 p.p. Dit sluit in: die kursus én notas sowel as alle etes. LET WEL: Blyplek is nie by die prys ingesluit nie. Metgeselle wat nie die kursus gaan bywoon nie, maar steeds vir die naweek wil saamkom, is welkom – die tarief vir nie-deelnemendes se etes vir die naweek is R1 200 p.p.

KONTAK
Donvé Myburgh by 021 406 2387 of stuur ’n e-pos na donve.myburgh@media24.com

Events Mailer

On the 1st of every month, we send out our "Events Mailer", highlighting all the events taking place in and around Montagu for that month. Be sure to subscribe not to miss out on important events.