Join us on Facebook and subscribe to our mailing list
and we will keep you updated on all things Montagu.
on Route 62, Western Cape, South Africa
home » coming events » toneel vertoning - geleende ve...
Toneel Vertoning - Geleende Vere
click thumbnail image to enlarge

Toneel Vertoning - Geleende Vere

Friday, 14 July 2017
Die Nasionale Toneel Organisasie spesialiseer in die aanbieding van gehalte teaterproduksies in Afrikaans.
Hulle missie is om toneelstukke wat in ‘n vroeëre era gewild was, te laat herleef en na die uitgestrekte dele van ons land te neem. Daar woon letterlik duisende mense in Suid Afrika wat nooit die geleentheid kry om die betowering van ’n lewendige teaterproduksie te ervaar nie.

Die groep is verbind tot werkskepping vir Afrikaanse kunstenaars en sal daarna streef om nuwe gehore aan die teater bloot te stel. Nuwe werke deur bekende sowel as minder bekende skrywers sal ook aangebied word.

Met hierdie produksie van "Geleende Vere", toer hulle na 196 dorpe oor ‘n elf maande periode.

Meer oor: GELEENDE VERE
‘n Prins met 'n oog vir elke mooi meisie…..
‘n Diensmeisie wat graag “U Hoogheid” wil wees…
‘n Lakei wat glo hy behoort tot die adelstand…
En dan neem die noodlot oor...
Dit alles kan net tot groot konsternasie lei!
Skaterlag Vermaak vir die hele gesin

MONTAGU NG KERKSAAL
Datum: 14 Julie
Tyd: 20:00
Besprekings en kaartjies beskikbaar by : Montagu-Ashton Toerisme en Boere Bistro


Om meer te lees oor die ander drie produksies wat binnekort ook op Montagu aangebied sal word, besoek hul webtuiste by: www.toneel.xyz.

Om vir vertonings te bespreek, besoek webwerf : www.geleendevere.xyz
of skakel nasionale besprekingsnommer : 021 839 4636 gedurende kantoor-ure.

www.facebook.com/geleendevere.
Volg op Twitter by @geleendevereza.
Stuur 'n e-pos aan info@geleendevere.xyz om nadere inligting te bekom.
coming events •  recent news •  organisations •  subscribe •  contact the webmaster
Cogmans Pass/Long Str Upgrade
Community Notifications
Photo Galleries
Langeberg Classifieds
Venue Hire
Silverthreads Dienssentrum
Gemeenskap Ondersteuning Organisasie
Montagu-Ashton Tourism
Promoting our region
Friends of Montagu Museum
Together we can ensure the future
Community Police Forum
Partners in Policing
Nieuwe Horizon
"All children have a place to stay and eat"
Breede River Hospice
Palliative care organisation