Montagu Tourism Office +27 23 614 2471
  Join us on Facebook
Home Coming Events Recent News Real Estate Restaurants Attractions Information
07 Sep 2019 - 11 Oct 2019

Toeka tot Nou - Speelgoed Uitstalling

Montagu Events - Toeka tot Nou - Speelgoed Uitstalling
Van Toeka tot Nou – Speelgoeduitstalling

‘n Besondere speelgoeduitstalling word beplan vir Erfenismaand en kan vanaf 7 September besigtig word in die KWV gebou se kunsgaley.
Die versameling (verkry van verskeie versamelaars) strek oor meer as ‘n eeu en sal miskien meer deur ouer mense waardeer word, en deur die jongspan geniet word.
Diegene wat nog altyd gewonder het hoe ‘n waspop lyk sal ook die waardevolle pop wat vroeër aan die dogtertjie Dolla Joubert van Bosrivier behoort het, van naderby kan bewonder. Dolla het self vir haar vriendin Esther Hofmeyer vertel dat die pop behoue gebly het omdat sy slegs sondaemiddae toegelaat is “om vas te hou en te bewonder” terwyl die grootmense koffie gedrink het saam met gaste. Daarna is sy weer in ‘n donker kas toegesluit vir die week.
Die volledige versameling Bartolomina poppereeks (kompleet met hul poppies en die se teestelletjies) is ook op uitstalling. Die kunstige McSweeny susters wat die reeks vervaardig het, woon steeds hier op Montagu waar hulle grootgeword het.
Wat die uitstalling uniek maak is dat daar speelgoed te koop sal wees o.a. Barry Preston se Dinky Toys speelgoed van sy kinderjare. Ook ‘n paar Bartolomina poppe (wat steeds in hul oorspronklike houers is) is te koop en wag vir iemand om hulle self te voltooi en aan te trek. Speelgoed van vandag is ook volop, soos die gewilde draadkarre en teddiebere.

Die afgelope Montagu Jeugkunstefees se kunsuitstalling het soveel byval geniet, dat daar besluit is om kinderkuns uit te stal met die speelgoed en te verkoop vir skoolfondse.
Speelgoed van plaaslike winkels is te sien, en selfs ‘n besondere pop sal uitgeloot word.

Events Mailer

On the 1st of every month, we send out our "Events Mailer", highlighting all the events taking place in and around Montagu for that month. Be sure to subscribe not to miss out on important events.