Join us on Facebook and subscribe to our mailing list
and we will keep you updated on all things Montagu.
on Route 62, Western Cape, South Africa
home » coming events » stef kruger by die boord
Stef Kruger by die Boord
click thumbnail image to enlarge

Stef Kruger by die Boord

Wednesday, 25 October 2017
Bekende Liedjie Skrywer en sielvolle Afrikaanse Sanger Stef Kruger kom kuier vir Montagu. Kom beleef ‘n heerlike intieme aand saam met Stef by Die Boord / The Orchard Restaurant
Stef Kruger is 'n Afrikaanse liedjieskrywer, musikant en abstrakte skilder. Hy het al meer as 400 liedjies geskryf, waarvan verskeie treffers is. Van sy bekende liedjies sluit in Pennies op die spoor, Grassade in die wind en Tussen jou en my. Kunstenaars soos Dozi, Koos Kombuis, Bobby van Jaarsveld en Jannie Moolman het al van sy liedjies opgeneem.
Kruger was vir 25 jaar lank verbonde aan die Suid-Afrikaanse Polisiediens se vermaaklikheidseenheid waar hy tromme gespeel het, maar het ook sy musiekeksamen op die dwarsfluit afgelê.
Hy het verskeie pryse vir sy werk ontvang, waaronder Vonk Musiek se toekenning as beste liedjieskrywer van die jaar asook Die Orde van die Goue Pen, 'n toekenning vir buitengewone bydrae tot die bevordering van Afrikaans in 2012. Verskeie van sy liedjies is ook in die nuwe FAK-sangbundel opgeneem.

Moet dus nie die geleentheid mis om saam met Stef te kuier nie.

Plek: The Orchard / Die Boord Restaurant
Datum: Woensdag 25 Oktober 2017
Koste: R100
Tyd: 18:30 vir 19:00
RSVP: Voor 20 Oktober 2017 by Anne-Marie (Montagu-Ashton Toerisme kantoor)


coming events •  recent news •  organisations •  subscribe •  contact the webmaster
Cogmans Pass/Long Str Upgrade
Community Notifications
Photo Galleries
Langeberg Classifieds
Venue Hire
Montagu-Ashton Tourism
Promoting our region
Rotary
Service above Self
Winelands SPCA
Ambassadors for our animals
Montagu Art Association
For the love of Art
R.A.D
Rural Arts Development
The Hadassah Family Wholeness Centre
Welfare Organisation established in 2009