Join us on Facebook and subscribe to our mailing list
and we will keep you updated on all things Montagu.
on Route 62, Western Cape, South Africa
home » coming events » rymklets konsert
Rymklets konsert
click thumbnail image to enlarge

Rymklets konsert

14 Oct 2016 - 15 Oct 2016
Rymklets konsert en werkswinkel in Montagu.

Die naweek van 14/15 Oktober bied Dassierock 'n gratis konsert en rymklets-werkswinkel in Ashbury en Montagu aan.

Wêreldklas kunstenaars Churhill Naude, Frazer Barry en Sandy Gertse tree Vrydagaand op tesame met hul orkes Tribal Echo, en sal dan Saterdagoggend vir belangstellendes touwys maak hoe om hulle liedjies en rympies in Afrikaans op hul eie manier te ontwikkel.

Churchil Naude is 'n rymkletser en het in 2015 sy debuut album "Kroeskop vol geraas" vrygestel. Sy plan is om Afrikaans te vat waar dit voorheen nie kon gaan nie en om dit weer "cool" te maak vir veral mense op die Kaapse vlakte waar hy vandaankom. "Ek wil jong laaties wys dat ons nie die Amerikaners hoef na te boots nie, want ons het ons eie stories om te vertel."

Frazer Barry en Sandy Gertse is liedjie-en-rympie-skrywers uit Kleinmond, wat met hulle orkes Tribal Echo daarop mik om ‘n storie te vertel waarmee jy jouself maklik kan vereenselwig. Hul energieke optredes en kleurvolle melodiee sal jou laat lag, dans, huil en nadink oor die lewe.

Hulle is almal al bekend aan die SA publiek na verskeie optredes op televisie, veral op die huidige "Wasgoedlyn" reeks op Kyknet, en Churchil se 2013 samewerking met Anton Goosen. Gaan kyk gerus na hierdie voorbeelde van hul werk:

https://www.youtube.com/watch?v=OHJ3v_LVJBM Churchil Naude met Anton Goosen
https://www.youtube.com/watch?v=EXmv7B6Jgbk Churchil Naude op Wasgoedlyn
https://www.youtube.com/watch?v=q3HsUwfwxcE Frazer Barry op Wasgoedlyn
https://www.youtube.com/watch?v=ZVh2pIX-V1A Frazer Barry en Sandy Gertse: "Mnr die President"
https://www.youtube.com/watch?v=PcOKD0gM46w Frazer Barry en Sandy Gertse: "Mal oor jou Suid-Afrika"

Tribal Echo se ander lede is Earl Witbooi (Baskitaar), Deniel Barry (tromme/perkussie), Karen Hess (Tromboon), en hulle noem die musiek "KlipKopRock".

Die konsert vind plaas by die Nieuwe Horizon Gemeenskapsaal in Mimosalaan, Ashbury op Vrydag 14 Oktober om 18h00. Dan is daar 'n werkswinkel Saterdagoggend 15 Oktober om 10h00 by die KWV Sentrum verbonde aan die Montagu Museum in Langstraat, Montagu. Toegang na beide geleenthede is gratis.

Meer informasie by https://www.facebook.com/dassierock of dassierock@jazz.co.za of 0824005966.
coming events •  recent news •  organisations •  subscribe •  contact the webmaster
Cogmans Pass/Long Str Upgrade
Community Notifications
Photo Galleries
Langeberg Classifieds
Venue Hire
Montagu Art Association
For the love of Art
Nieuwe Horizon
"All children have a place to stay and eat"
Community Police Forum
Partners in Policing
Rotary
Service above Self
Friends of Montagu Museum
Together we can ensure the future
VLV / CWAA
Cape Women's Agricultural Association