Join us on Facebook
ADVERTISE | SUBSCRIBE | ADD YOUR EVENT
Home Coming Events Recent News Real Estate Restaurants Attractions Information Advertise or List your business Contact Webmaster
Saturday, 08 May 2021

Rally Sprint 4 All

Montagu Events - Rally Sprint 4 All
RallySprint4All is 'n gemeenskap motorwedren geleentheid wat almal 'n kans gee om deel te neem. Sedert 2012 organiseer Neels van Wyk hierdie sportsdag sodat mense hulle padkar, pypkar of resieskar en hulself tot die uiterste kan beproef in 'n veilige beheerde omgewing. Dit skep die geleentheid vir die heedendaagse persoon om hulle entusiasme vir motorsport 'n realiteit te maak en open ook die weg vir toekomstige deelnemers aan professionele streeks- en nasionale tydrenne.
Rofweg een keer 'n maand het RallySprint4All 'n resiesdag wat op geleentheid 35 inskryfwings handhaaf. Karre wissel van 'n 900cc Uno Fire na 'n 2.2L VW Mikrobus, 1000cc Diahatsu Charade pypkar, 2L BWM E36, 3L Ford Sierra's, 1.6i Golf's en selfs 4-wiel aangedrewe Subaru's. Dit is eerlikwaar 'n ope dag vir enige voertuig en span wat wil deel neem. En aangesien dit ter wille van motorsport bevordering is, is daar geen klubfooie of daglesensies nie- slegs jou inskrywingsfooi en die basies veiligheidsgereedskap wat behels 'n valhelm en veiligheidsgordels.
Wedrendae het oor die jare op verskeie privaat gronde plaasgevind insluitend plase en onbewerkde gronde wat bereidwillige boere vir ons beskikbaar gestel het om die sport te bevorder. Die 8ste Mei 2021 is ons verskriklik opgewonde om hierde geleentheid te bring na De Doorns, waar Mnr Graeme Falck van Ezelsjacht plaas vir ons toegang tot sy gronde gegee het. Ezelsjacht is geleƫ op die R318 tussen Montagu en die N1 afdraai oorkant Karoo 1 Hotel. Dit is 60 km vanaf Montagu en 18 km vanaf die N1.
Met huidige inskrywings staan ons reeds op amper 30 voertuie en dit gaan beslis 'n gulde geleentheid wees vir beide deelnemers en toeskouers om te besigtig. Die roetes word vooraf uitgewerk en natuurlik veilig gehou deur beamptes en medies personeel wat die dag op diens is. Roetes wissel van 5 tot 15km in lengte met vinnige lengtes, sagte en harde grond en natuurlik 'n paar interessante draaie om die toeskouers en deelnemers 'n paar harkloppings te gee.
Inskrywings sluit Donderdag 6 Mei 2021 en kan aanlyn by www.rallysprint.co.za gedoen work deur slegs die RallySprint4All skakel te volg. Vir enige navrae kan Neels van Wyk gekontak word op 083 662 2819 en bemarking word gedoen deur Hilette du Preez van Green Roof Digital 062 450 2538. Daar is ook akkomodasie beskikbaar op en by naby omliggende plase, vir navrae kontak Graeme Falck op 082 894 8075.
Hierdie is beslis 'n geleenteheid wat nie gemis moet word nie en 'n wonderlike gesinsdag vir almal om te aanskou. Toeskouers betaal slegs R20 per persoon en kinders onder 12 is gratis. Toiletgeriewe en kosstalletjies sal ook beskikbaar wees. Sien julle daar!

Events Mailer

On the 1st of every month, we send out our "Events Mailer", highlighting all the events taking place in and around Montagu for that month. Be sure to subscribe not to miss out on important events. Do you have an upcoming event in or around Montagu?