Montagu Tourism Office +27 23 614 2471
  Join us on Facebook
Home Coming Events Recent News Real Estate Restaurants Attractions Information
Monday, 10 December 2018

Oesjaar - Jannie du Toit Tree op

Montagu Events - Oesjaar - Jannie du Toit Tree op
Met musiekstyle en tendense wat konstant verander, neem dit ’n merkwaardige musikant om vir byna vyf dekades relevant te bly. Afrikaanse musieklegende, Jannie du Toit, is een van daardie kunstenaars wat die toets van tyd kon deurstaan.

Hy het homself oor die afgelope paar jaar daarop toegespits om musiek van sy gunsteling-musikante, soos Jacques Brel, Jules de Corte, Koos du Plessis en Lucas Maree te sing, maar het besluit dat dit weer tyd is om op sy eerste liefde en passie te fokus – naamlik om Afrikaanse liedjies te skryf en na die verhoog te bring. Die resultaat hiervan is ’n splinternuwe album: OESJAAR – al die liedjies uit Jannie se pen.

Die liedjies op die nuwe album bevat wyd uiteenlopende temas: Daar is ’n huldeblyk aan die oorlede musieklegende Christa Steyn met wie Jannie vir 25 jaar saamgewerk het. Hy sing verder oor ’n legendariese koffiewinkel in sy voorstad, Melville en oor die passie wat ‘n kunstenaar dryf om nooit op te hou skep en sing nie.

Die lied ‘Ons soek ’n tata’ is opgedra aan Madiba en in die titelsnit ‘Oesjaar’ gebruik hy ’n wingerd as beeld van sy musiekloopbaan. Jannie het ook ’n liefdeslied vir die album geskryf, opgedra aan sy vrou Therina met wie hy in Junie vanjaar getroud is. Hierdie snit is ook reeds middel Oktober as enkelsnit uitgereik.

Een van die bonussnitte op die Oesjaar album is Jannie se immergroen treffer ’n LIEDJIE VIR JOU – wat hy presies 40 jaar gelede geskryf het – en waarvoor Karen Zoid ’n rock-baadjie aangetrek het. Sy het dit saam met hom opgeneem op haar program Republiek van Zoid Afrika.

Jannie word begelei deur Chanie Jonker (klavier en akkordeon), Graham du Plessis (tjello), Theuns Botha (slagwerk) en deur Jannie self op kitaar.

Maandag 10 Desember 2018
NG Kerksaal
19H00
Koop Kaartjies by Montagu Country Hotel
Navrae
: +27 23 614 3125

Events Mailer

On the 1st of every month, we send out our "Events Mailer", highlighting all the events taking place in and around Montagu for that month. Be sure to subscribe not to miss out on important events.