Join us on Facebook and subscribe to our mailing list
and we will keep you updated on all things Montagu.
on Route 62, Western Cape, South Africa
home » coming events » ng kerk kermis
NG Kerk Kermis
click thumbnail image to enlarge

NG Kerk Kermis

Saturday, 25 February 2017
Montagu hou Kermis!
NG Kerk Montagu se jaarlikse kermis vind plaas op Saterdag, 25 Februarie op die Montagu Laerskool-terrein.
Dit is die 22ste keer wat hierdie gewilde byeenkoms plaasvind.

Die hekke open vroegdag om 8:00 met ‘n heerlike ontbyt.

Daar sal vars groente en vrugte te koop wees.
Die Wit Olifanttafel is net die plek om die winskopie van die jaar raak te loop.
Pannekoek, doughnuts, lekker koffie, koeldrank, lekkergoed, basaarpoeding - genoeg om heerlik aan te smul terwyl jy gesellig verkeer saam met jou vriende

Kaartjies vir die ontbyt, spitbraai en gebraaide hoender is beskikbaar by die Kerkkantoor.

Kom kuier en ontspan, geniet die heerlike kindervermaak, hou piekniek onder die koeltebome en deel in die ontspanne plattelandse atmosfeer saam met die gemeenskap.

Kontak No. 023-614 1530
coming events •  recent news •  organisations •  subscribe •  contact the webmaster
Cogmans Pass/Long Str Upgrade
Community Notifications
Photo Galleries
Langeberg Classifieds
Venue Hire
Food Security Gardens
Growing food for Montagu
Winelands SPCA
Ambassadors for our animals
Montagu Art Association
For the love of Art
Montagu ECO Club
For the love of our environment
Community Police Forum
Partners in Policing
Nieuwe Horizon
"All children have a place to stay and eat"