Join us on Facebook and subscribe to our mailing list
and we will keep you updated on all things Montagu.
on Route 62, Western Cape, South Africa
home » coming events » nêrens noord-kaap
Nêrens Noord-Kaap
click thumbnail image to enlarge

Nêrens Noord-Kaap

Wednesday, 20 June 2018
Janeza Plaasteater, Bonnievale bied aan: NêRENS, NOORD-KAAP
Woensdag 20 Junie 2018 om 18h30 vir 19h00

Nêrens is ‘n plaas in die Noord-Kaap waar drie broers saam grootgeword het. Ons leer gou elke huis het sy kruis. Party het drie. Hulle lewens word onherroeplik verander deur die afsterwe van hul ma op ‘n jong ouderdom onder tragiese omstandighede. ‘n Gekompliseerde gesinsdinamika.
Die drie het mekaar jare laas gesien. Nou moet hulle terugkeer plaas toe vir ‘n verjaarsdagbraai vir hul pa wat 60 word. Hulle is gewone mense met al hulle liefde en haat en soeke na die broederskap wat hulle verloor het.
Frans (Geon Nel) is die oudste broer. Hy boer op Nêrens. Enkellopend, versorg hul pa en onderhou die familieplaas goed.

Hy is ‘n Boesmanlander in murg en been. Die grond en skaap is sy maters. Sout van die aarde.
Ronnie (Albert Pretorius wat ook in Waterfront op Kyknet gespeel het), is die middelkind. Hy is al twee keer geskei, het ‘n seun en die een besigheidsplan na die ander faal. Andries (De Klerk Oelofse wat ook in die reeks Boekklub te sien was op Kyknet) is die jongste broer. Hy het na skool sy rugsak gepak oorsee en keer nou ook terug vir die verjaarsdag.
Dalk herken jy al drie van die broers – dit is dalk ‘n oom, of ‘n neef of ‘n ou skoolvriend. Ons almal ken hulle.
Die stuk is baie snaaks en baie hartroerend. Regisseur en dramaturg: Nico Scheepers
Toekennings: Beste Nasionale Debuut-produksie by Vrystaatkunstefees 2018
Beste Duo of Ensemble by KykNet Fiësta 2018
Asook nominasies vir heelwat ander toekennings by die WoordTROfees en KKNK
‘LOCATION’: Janeza Winery, BESPREKINGS (Tafels van 4 of meer): eza@janeza.co.za/Sel: 0829787020, R175 pp
Geen o/13 (Taal)
WELKOM OM EIE “PLATTER” TE BRING GEEN EIE DRINKGOED ASB. KONTANTKROEG BESKIKBAAR
Betalings: ABSA, E Wentzel 780420332, Verw jou naam. Betalings bevestig besprekings.
Maak asseblief seker dat daar plek is voordat jy ‘n betaling doen. Beperkte spasie!

coming events •  recent news •  organisations •  subscribe •  contact the webmaster
Cogmans Pass/Long Str Upgrade
Community Notifications
Photo Galleries
Langeberg Classifieds
Venue Hire
Paws 'n Claws
For the love and welfare of animals
Montagu Music Society
In existence since the 1980's
National Youth Arts Festival
In recognition of our Youth
R.A.D
Rural Arts Development
The Hadassah Family Wholeness Centre
Welfare Organisation established in 2009
Breede River Hospice
Palliative care organisation