Teen hierdie tyd weet julle nou al dat die 2022 datums gefinaliseer is!! 10de– 20ste Augustus 2022.
Ons hoop van harte dat soveel moontlik skole en jongmense sal deel vorm van hierdie ongelooflike platform vir die uitvoerende kunste terwyl ons vir die 27ste jaar die fees aanbied. Die fees is oop vir Laerskole en Hoërskole.
LAAI INSKRYWINGSVORMS EN RIGLYNE AF: (https://www.facebook.com/groups/montaguyouthfest)
OF ONS KAN DIT E-POS OP VERSOEK.
Ons visie bly duidelik: “Om met toewyding en passie ‘n kompeterende platform te ondersteun vir die Jeug vir uitvoerende en visuele kunste.
Die fees begin op die 10de Augustus met DRAMA inskrywings wat na die eerste week van die fees skuif (ATKV Tienertoneel streekskompetisies is in die volgende twee weke). MUSIEK and DANS inskrywings sal tydens die tweede week van ons fees plaasvind om alle skole in alle kategorieë te akkommodeer.
DRAMAS : 10de – 13de Augustus 2022 @ NG Kerksaal, Piet Retief Straat
Sluitingsdatum vir inskrywings : Donderdag, 28 Julie 2022
Inskrywingsfooie : Solo R90 / Duet & Spreekkoor R160 / Drama R350 (>10 +R10p.p)*
(* Indien meer as 10 akteurs : Voeg R10 per akteur by die prys)
Beide middag- en aandoptredes: NEEM KENNis: Addisionele drama kategorieë: Poppespel, Monoloog, Dialoog, Mimiek, Spreekkoor en Gesproke Poësie (wat eie werk kan insluit).
MUSIEK, ORKES en DANS : 17de – 20ste Augustus 2022 @ NG Kerksaal, Piet Retief Straat
Sluitingsdatum vir inskrywings : Donderdag, 28 Julie 2022
Inskrywingsfooie : Solo R50 / Duet R80 / 3-9 Groep R120 / 10+ Groep R150
KOOR optredes : 19de Augustus 2022 @ Die pragtige historiese NG Kerk!
Sluitingsdatum vir inskrywings : Donderdag, 28 Julie 2022
Inskrywingsfooie : R250 per koor
Daar is toekennings vir beide Laerskole en Hoërskole.
KUNS- & FOTOGRAFIE-UITSTALLING : 10de Augustus 2022 @ Montagu Museum Art & Culture Centre
Sluitingsdatum vir inskrywings : Donderdag, 28 Julie 2022
Inskrywingsfooie : R45 per inskrywing
KUNS kategorie sluit in Digitale kuns, Beste drama plakkaat en “Handwerk”. Neem kennis van die KUNS kategorie “Beste Drama plakkaat”. Ons moedig die Kunsdepartemente van die skole aan om deel te neem om ‘n bemarkingsplakkaat vir hulle skool se Drama inskrywing te ontwerp. Dit sal ‘n week voor die fees uitgestal word – goeie blootstelling en bemarking vir jou skool se inskrywing! Datums vir aflewering van werke sal gekommunikeer word.
LETTERKUNDE : Wenners uitgestal by kuns- en fotografie-uitstalling.
Sluitingsdatum vir inskrywings : Donderdag, 21 Julie 2022
Inskrywingsfooie : R45 per inskrywing
Beide Senior (Gr. 10-12) en Junior (Gr. 6-9) kategorieë. Inskrywings kan Afrikaans of Engels wees.
Die 2022 tema vir KUNS, FOTOGRAFIE EN LETTERKUNDE sal wees: #AWAM Arts with a MESSAGE (Boodskappe wat ons jeug met die gemeenskap wil deel – gevoelens, aspirasies, drome – wat die tema in die visuele kunstenaar se wese opwek. LW. Dis ‘n TEMA, NIE ‘n TITEL nie. Die titel is oop vir jou boodskap.
Ons sal ons bes doen om alle versoeke te akkommodeer en verwelkom enige terugvoer en voorstelle wat u mag hê, aangesien ons 2022 die BESTE JAAR OOIT wil maak terwyl ons ons 27ste verjaarsdag vier!
On the 1st of every month, we send out our "Events Mailer", highlighting all the events taking place in and around Montagu for that month. Be sure to subscribe not to miss out on important events.
Do you have an upcoming event in or around Montagu? ADD YOUR EVENT