SAVE THE DATE
MERK DIE DATUM IN JOU DAGBOEK.... Moenie Montagu Kruiefees 2023 Mis nie
ยท
Van 22 tot 25 September 2023 dek die Montagu-museum weer die tafel vir die land se enigste Kruiefees. Hulle is bekend vir hul medisinale kruietuin en het die afgelope 40 jaar die geskiedenis van medisinale kruie, boererate en Khoi en San se gebruike van kruie opgeteken en nagevors.
Hulle voorsien al vir jare tradisionele kruiemengsels uit hul tuin en die omringende klowe, aan plaaslike en oorsese gebruikers.
Ons beplan sommer vroeg.... laat ons ook julle idees weet.
Besoek hul blad, Montagu Herb Festival, of stuur e-pos aan
mherbfest@gmail.com vir nog inligting.