Montagu Tourism Office +27 23 614 2471
  Join us on Facebook
Home Coming Events Recent News Real Estate Restaurants Attractions Information
Thursday, 06 June 2019

KEELVOL - 'n Komedie by Janeza

Montagu Events - KEELVOL - 'n Komedie by Janeza
Bonnievale bied aan: "Keelvol" - 'n bittersoet komedie

Donderdag 6 Junie 18h30 vir 19h00

Dirk Havenga is die nuwe sang- en musiekonderwyser op die dorp. Hy het ‘n terugslag as musikant beleef in die stad, en probeer nou sy heil vind op die platteland. Hy is metodies, passievol oor musiek en kruip weg agter ‘n gordyn van sarkasme en harde werk. Mariëtte Labuschagne werk in ‘n boekwinkel op dieselfde dorp. Sy droom haar hele lewe lank van ‘n loopbaan op die verhoog. Al wat sy wil doen is sing en “perform”. Sy is spontaan, lewenslustig, altyd gereed met ‘n grappie. Sy is reg vir haar eerste sangles. Is Dirk? Hierdie kombinasie kan óf ‘n resep vir ‘n ramp wees óf dalk net wat hule albei nodig het? Diè produksie beloof om iets te wees wat jou ore, lagspiere, traankliere en hart sal aanraak! Kom geniet ‘n genotvolle aand by JANEZA.

Volw. R200 pp Kinders tot gr.12 R175 Tafels van 4 of meer
Besprekings noodsaaklik eza@janeza.co.za / Sel. 0829787020 (verkieslik e-pos)

Bring eie “platter” GEEN eie drank asb. Kontantkroeg beskikbaar
(ook met nie-alkoholies soos druiwesap, water en ys)
Bankbesonderhede:
ABSA E Wentzel 780420332 en verw. jou naam (NB)

Bespreking slegs bevestig wanneer betaling gedoen is.
Jammer geen voorskool kinders
www.janeza.co.za / Location: Janeza Winery

Events Mailer

On the 1st of every month, we send out our "Events Mailer", highlighting all the events taking place in and around Montagu for that month. Be sure to subscribe not to miss out on important events.