Join us on Facebook
ADVERTISE | SUBSCRIBE | ADD YOUR EVENT
Home Coming Events Recent News Real Estate Restaurants Attractions Information Advertise or List your business Contact Webmaster
20 Mar 2021 - 22 Mar 2021

Junior Wildbewaarder Kursus - Maart 2021

Montagu Events - Junior Wildbewaarder Kursus - Maart 2021
JUNIOR WILDBEWAARDER KURSUS (Kinders 9-12 jaar) - aangebied deur AFRICAN GAME LODGE

Ons is opsoek na die volgende generasie om ons diereryk en ekosisteme te bewaar. As jy voel dat daar ‘n veldwagter in jou skuil en jy meer oor wilde diere en die veld wil leer, is hiérdie die kursus vir jou! Ons wys jou ook hoe om jou bos-kookvernuf na die volgende vlak te neem! Daar is altyd hope pret, en hierdie is ‘n geleentheid om aan jouself te bewys dat daar meer in jou steek as wat jy dink.
(Kinders 9-12 jaar welkom)

DIE PROGRAM SLUIT DIE VOLGENDE AKTIWITEITE IN:
Stap (plante-, diere- en spoor identifikasie)
Voël identifikasie
Spoorsny
Basiese vuurwapen hantering en veiligheid
Basiese Noodhulp
Veld Kombuis (vuur maak en kos voorberei)
Wildritte en diere voer
en nog vele meer!

DIE PROGRAM BEOOG OM DIE VOLGENDE TE ONTWIKKEL:
Veld en diere kennis
Selfvertroue en goeie oordeel
Spanwerk en hoe om ‘n goeie leier te wees
Karakter, sosiale, intellektuele en fisiese eienskappe

KOSTES SLUIT DIE VOLGENDE IN:
Twee aande verblyf by African Game Lodge
Alle etes (ontbyt, middagete, aandetes)
Geweer huur en ammunisie
Kursus materiaal
Aktiwiteite
Geskenkie
Sertifikaat

Bespreking en kostes - R2200 per kind
Vir meer inligting en ‘n inskrywingsvorm, kontak ons by info@africangamelodge.co.za

Events Mailer

On the 1st of every month, we send out our "Events Mailer", highlighting all the events taking place in and around Montagu for that month. Be sure to subscribe not to miss out on important events. Do you have an upcoming event in or around Montagu?