Jannie du Toit en Vriende singMonday, 18 December 2017 JANNIE DU TOIT in Montagu
Maandag 18 Desember - 19h00
Museum Sendingkerk, Langstraat
Op Maandag 18 Desember bied Jannie du Toit en sy twee top musikante – Susan Mouton (tjello) en Chanie Jonker (klavier en akkordeon) ’n dubbeldoorkonsert in Montagu se Museumkerkie aan. Die eerste helfte bestaan uit Jannie se program waarmee hy sedert 2014 landswyd toer :
Doep is nie dood nie
Die program is saamgestel uit Koos du Plessis se onsterflike liedjies asook van sy gedigte en tekste. Dit is ’n herwaardering van sy werk en stel ook van sy minder bekende materiaal bekend.
Nou – meer as 30 jaar na sy afsterwe - word dit duidelik hoe lewend en relevant sy siening van die lewe steeds bly, hoe treffend sy liedkuns.
Jannie du Toit, ’n groot vriend van Du Plessis, sit hiermee sy werk voort om Koos se musiek by ’n volgende geslag te laat voortleef. Hy verwesenlik ook ’n jarelange droom om ’n “eenmanvertoning” oor Koos se werk aan te bied.
Na pouse ervaar die gehoor die wonderlike klankkleure wat die kombinasie van kitaar, tjello, klavier en stem kan bied met Jannie se eie liedjies, maar ook gunstelinge uit sy jeugjare soos liedjies uit die FAK, van die Beatles, Peter Sarstedt en John Denver.
Hierdie gedeelte word in beide Engels en Afrikaans aangebied.
Die aand word afgesluit met ’n aantal Kersliedere.
KAARTJIES beskikbaar by Montagu Country Hotel
NAVRAE: 023 614 3125
|