Montagu Tourism Office +27 23 614 2471
  Join us on Facebook
Home Coming Events Recent News Real Estate Restaurants Attractions Information
Wednesday, 07 August 2019

Donkie - Frank Opperman

Montagu Events - Donkie - Frank Opperman
JANEZA Plaaskelder, Bonnievale bied aan:
Frank Opperman met ‘n splinternuwe eenmanvertoning en dit beloof om gehore nog meer aan te gryp en te laat lag as in enige van sy vorige vertonings. Hierdie keer is Frank ‘n Skoolhoof met die bynaam “DONKIE”, wat die wind net van voor kry! Alles loop verkeerd. Hy is ‘n man onder druk. Die skool is besig om agteruit te gaan. Die akademie is nie na wense, die eerste rugbyspan het vyf wedstryde agtereenvolgens verloor en daar is ernstige probleme met die leerders se dissipline. EN dit lyk of Afrikaans dalk een van die dae nie meer die onderrigtaal gaan wees nie. Die beheerliggaam en sommige ouers en onderwysers eis mnr. Swart se kop. Hy oorweeg om te bedank, maar dan een Maandagoggend tydens saalopening, besluit hy om sy kant van die saak te stel…

TYD: 18h30 vir 19h00
R180 pp - Jammer geen voorskool kinders

Kontak eza@janeza.co.za / Sel. 0829787020 (verkieslik e-pos) Tafels van 4 of meer
Bring eie “platter” - GEEN eie drank asb., Kontantkroeg beskikbaar
Bankbesonderhede: ABSA E Wentzel 780420332 en verw. jou naam
Let asb. dat jou bespreking slegs bevestig is wanneer betaling gedoen is

Events Mailer

On the 1st of every month, we send out our "Events Mailer", highlighting all the events taking place in and around Montagu for that month. Be sure to subscribe not to miss out on important events.