Montagu Tourism Office +27 23 614 2471
  Join us on Facebook
Home Coming Events Recent News Real Estate Restaurants Attractions Information
Wednesday, 11 September 2019

Blackie Swart & Jannie Moolman @Janeza

Montagu Events - Blackie Swart & Jannie Moolman @Janeza
Brandewyn en Melktert is lekker op hulle eie, maar die twee saam is heerlik! So is die musiek van Blackie Swart en Jannie Moolman ook!
Woensdag 11 September 2019 om 18h30 vir 19h00

Van Liewe Lulu tot Mozart, van Dire Straits tot Engelbert Humperdinck en tussenin Koos du Plessis, Johannes Kerkorrel, Lucas Maree en ander verrassings. Brandewyn en Melktert is ‘n aand propvol nostalgiese musiek deur twee legendes wat al 20 jaar deel is van die Afrikaanse musiekbedryf. Tussendeur bly die humor ook nie agter nie en staaltjies uit hulle honderde optredes en verskeie toere laat die gehoor skaterlag. Kom luister na albei se bekendste musiek, asook musiek van hulle eie helde. Elkeen word so bietjie uit sy eie gemaksone gehaal met ‘n paar uitdagende liedjies en hulle sing ook nuwe musiek wat eersdaags op elkeen se splinternuwe CD verskyn. So ja…Blackie is meer as net Liewe Lulu en Jannie is meer as net Nessum Dorma..kom sien!

Volw. R200 pp Kinders tot gr.12 R175 pp Jammer Geen voorskool kinders
Tafels van 4 of meer Kontak eza@janeza.co.za / Sel. 0829787020
Bring eie “platter” GEEN eie drinkgoed asb. Kontantkroeg beskikbaar

Bankbesonderhede: ABSA E Wentzel 780420332 Verw: JOU naam
* Bespreking slegs verseker wanneer betalingsbewys ontvang is *
Maak egter eers seker dat plek beskikbaar is voor jy ‘n betaling doen
Location: Janeza Winery

Events Mailer

On the 1st of every month, we send out our "Events Mailer", highlighting all the events taking place in and around Montagu for that month. Be sure to subscribe not to miss out on important events.