Montagu Tourism Office +27 23 614 2471
  Join us on Facebook
Home Coming Events Recent News Real Estate Restaurants Attractions Information
Friday, 07 September 2018

Bacchus Nel

Montagu Events - Bacchus Nel
"Eks 'n donker man, onder die middernagmaan" uit die Bacchus Nel liedjie, Waar die dice val, is verseker 'n raak beskrywing van hierdie enigmatiese digter, sanger en liedjieskrywer.

Bacchus was nog altyd 'n rebel... op skool, toe hy teen sy ouers se wense met die "verkeerde" maats uitgehang het... toe hy begin nadink en ongemaklike vrae begin vra het oor hoekom die wˆreld draai soos hy draai.

Toe hy begin besef het dat hy nie deur die lens van die mense om hom sien nie, en dat sy idees nie strook met die indoktrinasie van die tyd nie. Daarom was hy gesien as 'n rebel en 'n droogmaker.

Vandag is Bacchus Nel een van ons land se voorste liedjieskrywers. Sy kwaliteit staan uit. Hy sing nie net sommer 'n liedjie nie...hy vertel kleurryke stories met meelewing, deernis, diepte en 'n fyn humor en uitstekende musiek.

Bacchus het al 3 albums vrygestel: Die Arms van die Nag, Tussen Junk en Jewelry en Twee Ster Hotel (resensie in Die Burger). En daar is alweer genoeg nuwe materiaal vir 'n vierde en vyfde album. Meer info en verskeie videos by bacchusnel.com.

In Montagu word Bacchus bygestaan deur Riku en Jackie Latti, asook Jannie "Hanepoot" van Tonder op tromboon. Riku en Jackie is die woelwater span verantwoordelik vir 'n verskeidenheid musiekprojekte soos Die Wasgoedlyn tv-reeks (volgende Vrydag 31 Aug begin reeks 2 & 3 op VIA, kanaal 147), asook Wasgoedlyn Radio elke-dag-heeldag by https://tunein.com/radio/Wasgoedlyn-Radio-s301138/

Die konsert begin 19h00, kaartjies is R100, beskikbaar by Kokkemans smiddags tussen 12-3 en dan weer vanaf 6-uur saans (net nie op 'n Dinsdag nie, dan kry jy hulle net bo-op Aasvoelkrans).

Pizza-kwart (Hawaiian of Regina of Margarita) en glas rooi- of witwyn @ R50
Pizza’z heel @ menupryse beskikbaar
Witwyn per bottel @ R80
Rooiwyn per bottel @ R100

Kontak Kokkemans op tel: 060 998 0368 of op Facebook

Dassierock is by https://www.facebook.com/dassierock

Events Mailer

On the 1st of every month, we send out our "Events Mailer", highlighting all the events taking place in and around Montagu for that month. Be sure to subscribe not to miss out on important events.