Join us on Facebook and subscribe to our mailing list
and we will keep you updated on all things Montagu.
on Route 62, Western Cape, South Africa
home » organisations » silverthreads dienssentrum
Silverthreads Dienssentrum - Organisations in Montagu
click thumbnail image to enlarge

Silverthreads Dienssentrum

Skenkings van afvalstukke materiaal en afvallappies, naaimasjiene, omkapmajiene en allerlei naaldwerk- en breibenodighede deur die gemeenskap van die BAR Vallei word vernuftig aangewend om werklose vroue en bejaardes se naaldwerktalente te ontwikkel en hulle in staat te stel om 'n inkomste te genereer.

Die naaldwerkprojekte van Silver Threads Dienssentrum op Ashton is van die mees suksesvolste projekte van die Silver Threads Dienssentrum.

Die sentrum se werkspasie word geborg deur Mnr Leon Steenkamp van Platform 62 op Ashton. Besoekers aan Platform 62, toon wye belangstelling in die werksaamhede van die 10 vroue wat daagliks besig is met die vervaardiging van hulle produkte. Patform 62 is ook betrokke by die bemarking en die verkope van die produkte.

Me. Caroline Coetzer van Robertson is vrywilliglik betrokke by die opleiding van die 10 vrouens op Ashton. Hulle vervaardig pragtige kwilt items soos sakke, tafellappies, bedspreie en lappoppe . Sy verskaf ook breilesse aan die bejaardes wat gebreide poppies skenk aan Checkers se uitreikingsprojek "Pretty Things for Little things".

Die bemagtiging van werklose vroue is die prioriteit en die sukses van Silver Threads se projekte. So 'n groot deel hiervan is te danke aan die skenkings wat daagliks ontvang word van die inwoners in die BAR Vallei en die gretigheid van bejaardes en werklose vrouens om bemag te word en hulle talente te ontwikkel. die kwaliteit van hulle werk is uitstekend en die kleurvolheid van hulle produkte maak gesogte geskenke.

Belangstellendes kan vir Alida Cilliers kontak by
082 896 3435
023 626 2226
alidac@lando.co.za

coming events •  recent news •  organisations •  subscribe •  contact the webmaster
Cogmans Pass/Long Str Upgrade
Community Notifications
Photo Galleries
Langeberg Classifieds
Venue Hire
Montagu Nature Garden
Wild Flower Reserve
MAG Skills Development
Empowering our Women
R.A.D
Rural Arts Development
Winelands SPCA
Ambassadors for our animals
The Hadassah Family Wholeness Centre
Welfare Organisation established in 2009
Silverthreads Dienssentrum
Gemeenskap Ondersteuning Organisasie