|
|
Lions Peace Poster Contest | [back] |
deur Tielman de Villiers 02/11/2009 Lions International bied elke jaar die “Peace Poster Contest” aan. Die doel is om jong kinders die begrip “Vrede” te laat verstaan en uit te beeld.
Vanjaar het die Montagu Lions Klub vir die eerste keer deelgeneem en die projek is aangebied by W.A. Rossouw Laerskool.
Soveel as 350.000 kinders in die ouderdom van 11 tot 13 jaar uit 200 lande het velede jaar deelgeneem en behalwe pryse op plaaslike, distrik en nasionale vlak, kan die uiteindelike wenner die groot prys van 2500 USD ontvang.
Die Lions meen hul eerste poging was 'n groot sukses en wil volgende jaar ook die ander Laerskole betrek. Al die materiaal word deur die Lions verskaf.
Vanjaar se tema was “The Power of Peace” en is deur 11 deelnemers van WA Rossouw Laerskool op verskillende maniere vertolk.
Drie lede van die Montagu Arts Association het as beoordeelaars opgetree en al die plakate was volgens hulle van hoogstaande gehalte.
Die wenner was Keegan Alcaster met Nowellin Koker in die tweede plek en Martin September in die derde plek. Hulle het pryse van R100, R75 en R 50 gewen.
Op die foto staan hulle by Me Alet Muller wat die projek hanteer het saam met Eric Zilverentant, sekretaris van die Montagu Lions Klub. 
|
|
|