Join us on Facebook and subscribe to our mailing list
and we will keep you updated on all things Montagu.
on Route 62, Western Cape, South Africa
home » coming events » montagu mountain mania
Montagu Mountain Mania
click thumbnail image to enlarge

Montagu Mountain Mania

Friday, 27 May 2016
Montagu Mountain Mania - Saturday 27 May

Treat your family to an Adventure weekend in lovely country town of Montagu.

This challenge is for the professionals, the super fit, the not so fit and the Kiddies!

After your race you can relax in the famous hot springs, enjoy an ice cold beer, grab a scrumptious burger, while the kiddies have fun on the water slides!!

For full details on the Montagu Mountain Mania 2017!

http://www.mountainmania.net/

ooo0ooo

Fietse. Berge. Natuur. Dit is sinoniem met Montagu en feitlik elke naweek is daar geleenthede om hierdie wonders te beproef en jouself vrye teuels te gee om net te LEEF!

Montagu Mountain Mania se 14de Jaar
Saterdag 27 Mei 2017

Dit is die 14de jaar wat die Montagu Mountain Mania sal plaasvind en die avonturiers, buitelewe-liefhebbers, atlete en veral bergfietsryers is reeds besig om te oefen, fietse reg te kry en drafskoene aan te trek, want hierdie is ‘n geleentheid vir avontuur wat jy nie moet misloop nie.

Hierdie jaar het die reeds bekende en populêre byeenkoms ‘n nuwe ‘tuiste’. Montagu Gholfklub sal die begin- en eindpunt wees, ideaal vir ‘n koue bier na al die inspanning, oefening en adrenalien.
Heerlike kosstalletjies, koffie en nog meer sal by die gholfklub wegspringpunt wees om al die besoekers en ondersteuners besig te hou, met musiek vir vermaak en daardie tikkie ekstra “Montagu Magic”.

Behalwe vir 'n nuwe tuiste, is daar ook nuwe ‘vriende’ wat hande vat met die gereelde span-organiseerders en die Boerevereniging. Montagu-Ashton Toerisme sal hierdie jaar betrokke wees by die Mountain Mania en help met bemarking, organisering, koördinering en ondersteuning.
Hierdie tipe geleentheid is baie belangrik op die toerisme-kalender en veral fietsry-, veldwedlope en buitelewe-avontuur-aktiwiteite is deel van die groter Wes-Kaap toerisme agenda.

Montagu met sy mooi berge, interessante heuwellandskappe en natuurlike vlaktes, grondpaaie en plase is eenvoudig perfek vir die adrenalien “junkie” met sy of haar bergfiets of hardloopskoene.

Ilse Esterhuyze, die hoof-organiseerder van die veldwedlope, nooi almal om na die verskeie opsies en roetes te gaan kyk by http://www.mountainmania.net/raceinfo.html

Daar is verskillende roetes vir beide die geharde avonturiers en die amateurs.
Daar is werklik iets vir almal en die hele familie is welkom.
Ilse nooi:“Die ouers en oumas is welkom om die 4km saam met die kleinspan te kom stap! Dit is deur die kloof vanaf Avalon tot by Essenhuys – altyd ‘n groot treffer.”
Of die ouers kan hulle fietse afstof en die 10km bergfietsroete saam met die kinders ry.

Kom kuier saam met Montagu Boerevereniging en Montagu-Ashton Toerisme, of nog beter, skryf in en ervaar jou eie mooi omgewing, berge en natuur uit ‘n heel ander perspektief.

Kontak Ilze Esterhuyze in verband met veldwedlope (trail runs): 072 125 1854
Of Hannes Gous in verband met bergfietswedrenne (mountain bike races): 082 855 3382
Of gesels gerus met die Montagu-Ashton Toerisme kantoor vir meer besonderhede oor die dag: 023 614 2728


coming events •  recent news •  organisations •  subscribe •  contact the webmaster
Cogmans Pass/Long Str Upgrade
Community Notifications
Photo Galleries
Langeberg Classifieds
Venue Hire
Friends of Montagu Museum
Together we can ensure the future
Montagu Music Society
In existence since the 1980's
Montagu Garden Club
For the love of nature
Montagu Art Association
For the love of Art
R.A.D
Rural Arts Development
Winelands SPCA
Ambassadors for our animals