Join us on Facebook and subscribe to our mailing list
and we will keep you updated on all things Montagu.
on Route 62, Western Cape, South Africa
home » coming events » korreltjie kantel
Korreltjie Kantel
click thumbnail image to enlarge

Korreltjie Kantel

Saturday, 19 August 2017
Korreltjie Kantel, 'n besonderse produksie van oorspronklike musiek en sang, doen aan in Montagu gedurende hul landswye toer op Saterdag 19 Augustus.

In opdrag van RSG, verwerk vir verhoog en CD, kom 3 onverwagse liedjieskrywers en sangers bymekaar om Ingrid Jonker se liefdesgedigte opnuut te verwerk en hulde te bring aan die liefdesverhouding tussen Jonker & Andre P Brink. Hierdie gedigte word verweef met dramatiese en musikale vertolkings van Brink en Jonker se liefdesbriewe aan mekaar in die 60-er jare. ‘n Hartroerende en intieme weergee van verlange, verbodenheid, vernietiging en die vreeslose verrukking van die liefde.

Die produksie is aanmekaargesit deur bekende sangeres Luna Paige, bygestaan deur die talentvolle liedjieskrywer en kitaarspeler Nick Turner en veelsydige musikant Jamie Jupiter. Na ‘n suksesvolle debuut op RSG Kunstefees 2016, volg optredes by Woordfees, KKNK, en in teaters landwyd, en die besoek aan Montagu is deel van 'n tweede landswye toer.

Luna Paige het geen bekendstelling nodig nie, en is alreeds in Montagu bekend vir haar oorpsonklike liedjies, begelei op klavier en kitaar, met 6 CD's op die rakke. Nick Turner, voorheen van die Kaapse groep Sons of Trout, het onlangs sy debuut CD vrygestel (insluitende die pragtige treffer Gousblom https://www.youtube.com/watch?v=enPbGfJXbag). Jamie Jupiter is in 2009 'n Fleur du Cap toekenning toegeken vir sy oorspronklike kabaret vertonings, en bespeel verskeie instrumente insluitend perkussie, kitaar en bekfluit.

Oor Korreltjie Kantel sê Martie Roos van Johannesburg: "KORRELTJIE KANTEL is ’n deernisvolle, kraakvars vertoning waar die liriek en melodie haarfyn, kreatief en kunstig saamgesnoer word en die liefdesbriewe van Jonker en Brink toeganklik vir die luisteraar te maak. Die hartstog, passie, speelsheid, en verlange van Ingrid en André se liefde word innoverend en treffend deur die woord en melodie versinnebeeld – sonder dat die een die ander oorskadu. Die briljante musikale komposisies en verwerkings en harmonieë met passievolle, musikale vertolkings maak die hele produksie ’n bekoorlike fees vir die oor, hart en gees."

Korreltjie Kantel is by Montagu Museum op Saterdag 19 Augustus om 19h30. Kaartjies is daagliks by die Museum beskikbaar en kos R120 (insl. 'n gratis muscadel). Verdere navrae by dassierock@jazz.co.za. Meer inligting by https://www.facebook.com/KorreltjieKantel/ en https://www.facebook.com/Dassierock/
coming events •  recent news •  organisations •  subscribe •  contact the webmaster
Cogmans Pass/Long Str Upgrade
Community Notifications
Photo Galleries
Langeberg Classifieds
Venue Hire
Breede River Hospice
Palliative care organisation
R.A.D
Rural Arts Development
Montagu Music Society
In existence since the 1980's
Montagu Nature Garden
Wild Flower Reserve
Food Security Gardens
Growing food for Montagu
Rotary
Service above Self