Join us on Facebook and subscribe to our mailing list
and we will keep you updated on all things Montagu.
on Route 62, Western Cape, South Africa
home » coming events » bonjour monsieur brel
Bonjour Monsieur Brel
click thumbnail image to enlarge

Bonjour Monsieur Brel

Tuesday, 06 December 2016
Montagu Country Hotel
Dinsdag, 6 December
18h30 vir 19h00
R 120 pp
(Kaartjies beskikbaar by hotel)

In Bonjour Monsieur Brel word Jacques Brel se beeldryke tekste in vier tale gesing deur Jannie du Toit en begelei deur ’n musiekensemble uit die boonste rakke.

Jannie is dekades reeds ’n hoog aangeskrewe Brel-vertolker en ’n standhoudende eksponent van uitnemendheid in liedkuns, onder andere in Nederlands. Sy eerste vertolkings van Brel sing hy in 1988 in die produksie Van Berlyn tot Bapsfontein saam met Laurika Rauch. Brel speel sedertdien deurgaans ’n rol in aanbiedinge soos De Kleine Man en Jannie en die Tannie saam met Christa Steyn. Sy mees onlangse optrede in ’n Brel-produksie was Brel in Brooklyn in 2010, weer saam met Laurika, met Christa by die klavier en Sergio Zampolli as akkordeonis. Veral twee Nederlandse Brel-liedere – Madeleine en Liefde van later – vestig hom vroeg in die negentigerjare as Brel-vertolker, maar sy latere Franse weergawes van La Valse en Il Neige sur Liège kry ook hoë lof van kenners. Naòmi Morgan se Afrikaanse vertalings, wat uiters gunstig vergelyk met vertalings in ander tale, verteenwoordig ’n verrassende nuwe blik op Brel se tekste. Bekende treffers is natuurlik op die spyskaart, maar ook van sy meer onbekende, ewe briljante werk.

Met sy uiters geslaagde eenmanvertoning van woordkuns en musiek – Doep is nie dood nie – steeds op die planke, verwesenlik Jannie ’n jarelange ideaal om Brel ook in die genre van die eenman-literêre kabaret aan te bied. Onder leiding van die deurwinterde Juanita Swanepoel – regisseur en dosent in drama by Stellenbosch Universiteit – word verbande tussen liedere en gedigte gelê en toegelig. Brel se geniale beeldende skryfwerk kom na vore en is soos die werke van klassieke komponiste en die wêreld se opera’s, helaas soos alle groot kuns, tydloos. Brel se liedkuns sal nog vir ’n lang tyd telkens weer nuut geïnterpreteer en beluister word. In hierdie program kom sy genialiteit ewe sterk na vore in al vier tale – ’n getuigskrif vir die ongeëwenaarde seggingskrag van die grootste chansonnier van die 20ste eeu.

80 min, geen pouse nie
coming events •  recent news •  organisations •  subscribe •  contact the webmaster
Cogmans Pass/Long Str Upgrade
Community Notifications
Photo Galleries
Langeberg Classifieds
Venue Hire
The Hadassah Family Wholeness Centre
Welfare Organisation established in 2009
Breede River Hospice
Palliative care organisation
Montagu Mountain Reserve
A natural wonderland in our own backyard
Silverthreads Dienssentrum
Gemeenskap Ondersteuning Organisasie
Friends of Montagu Museum
Together we can ensure the future
Winelands SPCA
Ambassadors for our animals